Linux Mandrake Installasie instruksies Konfigurasie Benodig * Pentium of aanpasbare verwerker * CDROM-aandrywer * Ten Minste 32 MB geheue * VESA 2.0 aanpasbare videokaart Om Linux-Mandrake te installeer kan so maklik wees as om die installasie CD in die CDROM-aandrwyser te sit en u rekenaar te herlaai. Kyk asb. onder punt 1 vir meer inligting. Daar is wel ander metodes om Linux-Mandrake te instaleer, U moet verkieslik dit in hierdie volgorde probeer: 1. Herlaai direk vanaf die CD 2. Begin installasie vanuit Windows 95/98 3. Begin installasie vanuit MS-DOS 4. Maak 'n herlaaiskyf met Windows 5. Ander installasie metodes ______________________________________________________________________ 1. Herlaai direk vanaf die CD Diee Installasie-CDROM is herlaaibaar. In meeste gevalle kan u die CD in die aandrywer plaas en die rekenaar herlaai.Volg dan die instruksies op die skerm, dis redelik eenvoudig. [bokant van hierdie bladsy] ______________________________________________________________________ 2. Begin installasie vanuit Windows 95/98 Al wat u moet doen is om die eerste CDROM in te sit. 'n Venster sal opspring. Andersins kan u D:\dosutils\autorun.exe loop. (Met die aanname dat D: ui CDROM se skyfletter is). Kies dan Volledige installasie om die normale installasie van Linux-Mandrake te begin. Alternatiwelik kies Linux vir Windows installasie indien u nie u hardeskyf wil partisioneer nie. Hierdie program sal twee lêers skep op u Windows-partisie. Dit is egter heelwat stadiger as die volledige installasie en as u Windows moet installeer sal u ook die Linux-Mandrake stelsel verloor ... [bokant van hierdie bladsy] ______________________________________________________________________ 3. Begin installasie vanuit MS-DOS Indien u MS-DOS op u stelsel het, kan u die instllasie herlaai vanaf die CD sonder om enige diskette te gebruik. Om dit te doen (As die CD skyf D: is), gebruik die volgende instruksies: C:\> D: D:\> cd \dosutils\autoboot D:\dosutils\autoboot> autoboot.bat Let op dat hierdie metode nie sal werk vanuit DOS venster onder Windows nie. Om onder Windows te installeer, volg asb. die instruksies in punt 2. [bokant van hierdie bladsy] ______________________________________________________________________ 4. Maak 'n herlaaiskyf met Windows Indien u rekenaar nie vanaf 'n CDROM kan herlaai nie en die ander metodes nie werk nie, kan u 'n herlaaiskyf as volg maak: * plaas die CDROM in die aandrywer en maak die "My Computer" ikoon oop. Regskliek op die CDROM-skyfikoon en selekteer "Open" * gaan na die "dosutils" lêergids en dubbelkliek op die "rawwritewin" ikoon * sit 'n leë stiffie in die aandrywer * selekteer "D:\images\cdrom.img" in die "Image File" veld (met die aanvaarding dat "D:" die CDROM is, andersins vervang "D:" soos nodig). * kies "A:" in die "Skyfaandrywer" veld en kliek op "Skryf". Om die installasie te begin sit die CDROM en stiffue in nodige die aandrywers en herlaai die rekenaar. [bokant van hierdie bladsy] ______________________________________________________________________ 5. Ander installasie metodes Indien, vir enige rede, die vorige metodes nie u doel dien nie (u mag dalk 'n netwerkinstallasie wil uitvoer of van PCMCIA af installeer), moet u ook 'n herlaaiskyf maak: * In Linux (of enige ander moderne unix) tik die volgende : dd if=xxxxx.img of=/dev/fd0 * In Windows, volg die metode in punt 4 beskryf, maar vervang xxxxx.img (sien onder) in die plek van cdrom.img. * In MS-DOS, (as die CD is skyf D: is), doen : D:\dosutils\rawrite.exe -f D:\images\xxxxx.img -d A xxxxx.img is the herlaaibeeld: * cdrom.img: installasie vanaf CDROM. * hd.img: installasie vanaf hardeskyf. * network.img: installasie vanaf ftp/nfs/http. * pcmcia.img: installasie vanaf PCMCIA-toestelle. [bokant van hierdie bladsy] ______________________________________________________________________ U kan ook 'n teksgebaseerde installasie doen, indien u dalk probleme met die verstek grafiese installasie ondervind. Om dit te gebruik, druk F1 by die Linux-Mandrake verwelkoming en tik dan text op die instruksielyn. Indien u verlang om 'n redding op u bestaande Linux-Mandrake uit te voer, herlaai vanaf die installasie CDROM of enige herlaaiskyf, druk F1 by die Linux-Mandrake verwelkoming en tik dan rescue op die instruksielyn. Sien http://www.linux-mandrake.com/drakx/README vir meer tegniese inligting. ______________________________________________________________________ Hoofstappe van installasie: 1. Plaas die installasie CDROM (of installasie sagteskyf indien nodig) in die korrekte skyfaandrywer en herlaai die rekenaar. 2. Druk wanneer die Linux-Mandrake verwelkoming vertoon word en volg die instruksies noukeurig na. 3. Na installasie verwyder die CDROM (en sagteskyf indien nodig); die rekenaar behoort te herlaai. 4. Linux behoort te begin. Na die herlaaiproses, kan u "aanteken" op die rekenaar as "root" of enige ander gebruikerskode wat u tydens installasie geskep het. Belangrike nota : die "root" gebruikerskode sal u onbeperkte toegang gee tot die Linux-stelsel. Moet dit nie gebruik, behalwe vir konfigurasie or administrasie nie. Vir normale daaglikse take, gebruik 'n normale gebruikerskode met die "adduser USER" en "passwd USER" instruksies. Voorspoed met Linux-Mandrake ! [bokant van hierdie bladsy] ______________________________________________________________________ Vir installasie ondersteuning sien die Mandrake diffusielys en die neulvrae (FAQ) op die Mandrake webwerf: * http://www.linux-mandrake.com/ ______________________________________________________________________