Linux Mandrake

Installasie instruksies

Konfigurasie Benodig

Om Linux-Mandrake te installeer kan so maklik wees as om die installasie CD in die CDROM-aandrwyser te sit en u rekenaar te herlaai. Kyk asb. onder punt 1 vir meer inligting.

Daar is wel ander metodes om Linux-Mandrake te instaleer, U moet verkieslik dit in hierdie volgorde probeer:

  1. Herlaai direk vanaf die CD
  2. Begin installasie vanuit Windows 95/98
  3. Begin installasie vanuit MS-DOS
  4. Maak 'n herlaaiskyf met Windows
  5. Ander installasie metodes


1. Herlaai direk vanaf die CD

Diee Installasie-CDROM is herlaaibaar. In meeste gevalle kan u die CD in die aandrywer plaas en die rekenaar herlaai.Volg dan die instruksies op die skerm, dis redelik eenvoudig.

[bokant van hierdie bladsy]


2. Begin installasie vanuit Windows 95/98

Al wat u moet doen is om die eerste CDROM in te sit. 'n Venster sal opspring. Andersins kan u D:\dosutils\autorun.exe loop. (Met die aanname dat D: ui CDROM se skyfletter is).

Kies dan Volledige installasie om die normale installasie van Linux-Mandrake te begin.

Alternatiwelik kies Linux vir Windows installasie indien u nie u hardeskyf wil partisioneer nie. Hierdie program sal twee lêers skep op u Windows-partisie. Dit is egter heelwat stadiger as die volledige installasie en as u Windows moet installeer sal u ook die Linux-Mandrake stelsel verloor ...

[bokant van hierdie bladsy]


3. Begin installasie vanuit MS-DOS

Indien u MS-DOS op u stelsel het, kan u die instllasie herlaai vanaf die CD sonder om enige diskette te gebruik.

Om dit te doen (As die CD skyf D: is), gebruik die volgende instruksies:

C:\> D:
D:\> cd \dosutils\autoboot
D:\dosutils\autoboot> autoboot.bat

Let op dat hierdie metode nie sal werk vanuit DOS venster onder Windows nie. Om onder Windows te installeer, volg asb. die instruksies in punt 2.

[bokant van hierdie bladsy]


4. Maak 'n herlaaiskyf met Windows

Indien u rekenaar nie vanaf 'n CDROM kan herlaai nie en die ander metodes nie werk nie, kan u 'n herlaaiskyf as volg maak:

Om die installasie te begin sit die CDROM en stiffue in nodige die aandrywers en herlaai die rekenaar.

[bokant van hierdie bladsy]


5. Ander installasie metodes

Indien, vir enige rede, die vorige metodes nie u doel dien nie (u mag dalk 'n netwerkinstallasie wil uitvoer of van PCMCIA af installeer), moet u ook 'n herlaaiskyf maak:

xxxxx.img is the herlaaibeeld:

[bokant van hierdie bladsy]


U kan ook 'n teksgebaseerde installasie doen, indien u dalk probleme met die verstek grafiese installasie ondervind. Om dit te gebruik, druk F1 by die Linux-Mandrake verwelkoming en tik dan text op die instruksielyn.

Indien u verlang om 'n redding op u bestaande Linux-Mandrake uit te voer, herlaai vanaf die installasie CDROM of enige herlaaiskyf, druk F1 by die Linux-Mandrake verwelkoming en tik dan rescue op die instruksielyn.

Sien http://www.linux-mandrake.com/drakx/README vir meer tegniese inligting.


Hoofstappe van installasie:

  1. Plaas die installasie CDROM (of installasie sagteskyf indien nodig) in die korrekte skyfaandrywer en herlaai die rekenaar.
  2. Druk wanneer die Linux-Mandrake verwelkoming vertoon word en volg die instruksies noukeurig na.
  3. Na installasie verwyder die CDROM (en sagteskyf indien nodig); die rekenaar behoort te herlaai.
  4. Linux behoort te begin. Na die herlaaiproses, kan u "aanteken" op die rekenaar as "root" of enige ander gebruikerskode wat u tydens installasie geskep het.

Belangrike nota : die "root" gebruikerskode sal u onbeperkte toegang gee tot die Linux-stelsel. Moet dit nie gebruik, behalwe vir konfigurasie or administrasie nie. Vir normale daaglikse take, gebruik 'n normale gebruikerskode met die "adduser USER" en "passwd USER" instruksies.

Voorspoed met Linux-Mandrake !

[bokant van hierdie bladsy]


Vir installasie ondersteuning sien die Mandrake diffusielys en die neulvrae (FAQ) op die Mandrake webwerf: